’n Professionele vriend wat luister, ondersteun en jou help om dinge deur te dink.
Soms het jy nie ’n terapeut of ’n afrigter nodig nie — net iemand wat regtig luister, die regte vrae vra en jou help om jou eie gedagtes helder te kry. Dis wat ek as ’n professional friend bied: ’n eerlike, vertroulike gesprek, aanlyn of persoonlik.
Let wel: ek is nie ’n geregistreerde sielkundige of berader nie. As jy kliniese hulp nodig het, verwys ek jou graag na iemand wat kan help.