Regisseur | Fasiliteerder | Spreker

Oor Nina Swart

Nina Swart

Nina Swart — biografie


Afrikaans

Nina Swart is al meer as twee dekades lank ’n storieverteller — eers voor die kamera, toe daaragter, en deesdae ook in die vertrek saam met mense.

Sy het in 1998 aan die Universiteit Stellenbosch se Departement Drama gegradueer met ’n BA Drama (Honneurs), en nog dieselfde jaar die hoofrol van Nina Jansen in die M-Net-dramareeks Known Gods losgeslaan. Daarna het sy as aktrise op die verhoog en skerm en as televisie-aanbieder gewerk. Kykers ken haar veral as die bruisende Wilmien de Lange in 7de Laan, een van Suid-Afrika se langslopende sepies, en sy het ook hoofrolle in onder meer Interrogation Room en Die Boekklub vertolk.

Mettertyd het sy agter die kamera ingeskuif, en daar het sy haar ware tuiste gevind. Sy is een van die min vroue in Suid-Afrika wat as kamerapersoon (DOP) gevestig is, en het as regisseur van draaiboek- en realiteitsprogramme naam gemaak — veral in Afrikaans. Haar regiewerk sluit in Die Byl, Die Boekklub, Fynskrif, Troukoors, Fraksie, Boer soek ’n Vrou, Plaasjapie, Kelders van Geheime en, mees onlangs, Tuiskoms, wat op Netflix stroom.

Al daardie jare het haar een ding geleer: die beste stories begin wanneer mense regtig na mekaar luister. Vandag bring Nina dié vaardigheid ook buite die ateljee. Sy fasiliteer gesprekke vir organisasies, lei mense op om met selfvertroue in die openbaar te praat, voer kwalitatiewe navorsingsonderhoude, bied gespreksirkels aan, en is vir individue ’n professional friend — iemand wat luister, ondersteun en help om dinge deur te dink.

Stories. Mense. Ware verandering.


English

Nina Swart has been a storyteller for more than two decades — first in front of the camera, then behind it, and these days also in the room with people.

She graduated from Stellenbosch University’s Drama Department in 1998 with a BA Drama (Honours) and, that same year, landed the lead role of Nina Jansen in the M-Net drama series Known Gods. She went on to work as a stage and screen actress and television presenter. Audiences know her best as the bubbly Wilmien de Lange in 7de Laan, one of South Africa’s longest-running soap operas, and she also played leading roles in shows such as Interrogation Room and Die Boekklub.

Over time she moved behind the camera, where she found her true home. She is one of the few accomplished women directors of photography (DOPs) in South Africa, and has built a reputation as a director of scripted and unscripted television — particularly Afrikaans-language productions. Her directing credits include Die Byl, Die Boekklub, Fynskrif, Troukoors, Fraksie, Boer soek ’n Vrou, Plaasjapie, Kelders van Geheime and, most recently, Tuiskoms, now streaming on Netflix.

All those years taught her one thing: the best stories begin when people truly listen to each other. Today Nina brings that skill beyond the studio. She facilitates conversations for organisations, trains people to speak in public with confidence, conducts qualitative research interviews, hosts conversation circles, and is a professional friend to individuals — someone who listens, supports and helps you think things through.

Stories. People. Real change.


Wat ek doen → Kom ons gesels